|

AfriForum werf steun in VSA teen onteiening en plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…

|

Trauma van plaasmoord gaan nooit verby, sê Mariandra Heunis

Twee jaar nadat Mariandra Heunis se man, Johan, koelbloedig voor haar en haar dogtertjie doodgeskiet is, veg sy voort om die boodskap oor die wreedheid van plaasmoorde na die wêreld uit te dra. Heunis het vandeesweek ’n video vrygestel waarin sy vir pres. Cyril Ramaphosa vra hoe hy sou gevoel het om die bloed van…

|

Statistiek bewys plaasaanvalle nie sosio-ekonomies gemotiveerd

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die nuutste plaasaanvalstatistiek vir 2019 bekend gemaak. ’n Plaasaanvalslagoffer het ook die grusame gebeure van die aanval waartydens sy geskiet en verkrag is met die media gedeel. Altesaam 184 plaasaanvalle het reeds vanjaar plaasgevind waarvan 20 plaasmoorde was. Gauteng (51 aanvalle), Noordwes (28 aanvalle) en Limpopo (27…

|

AfriForum wil praktiese stappe teen plaasmoorde aan Bheki Cele voorlê ná Februarie-bloedbad

AfriForum stuur eersdaags ’n versoek aan die nuwe polisieminister Bheki Cele om die organisasie se praktiese stappe aan hom voor te lê om plaasaanvalle en -moorde te bekamp. “Daar het vanjaar reeds meer as 90 plaasaanvalle in die land plaasgevind, met sowat 10 moorde op plase. Dit is reeds meer as dieselfde tyd verlede jaar….

|

AfriForum versoek dringende gesprek met polisieminister oor plaasmoorde en grondgrype

AfriForum het op 7 Maart 2018 ’n versoek aan genl. Bheki Cele, die nuwe minister van polisie, gerig ten einde ’n ontmoeting te reël om plaasmoorde en onwettige grondbesetting te bespreek. Dít volg ná talle uitlatings vanuit politieke kringe sedert die begin van die jaar oor die onteiening van grond sonder vergoeding. “Politieke uitsprake wat…

|

AfriForum vra vir kommissie van ondersoek na oorsake van plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie het vandag gevra dat ’n onafhanklike kommissie van ondersoek aangestel word om te bepaal wat die faktore is wat tot plaasmoorde aanleiding gee. Hierdie aankondiging is in Centurion tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer gemaak. Tydens die bekendstelling het Roets ’n bandopname gespeel…

|

AfriForum versoek dat polisiekommissaris Malema se aanhitsing tot plaasmoorde ondersoek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn formele versoek ingedien by die nasionale polisiekommissaris, generaal Khehla Sitole, om aantygings te ondersoek wat gemaak is deur ʼn lid van ʼn berugte tronkbende dat Julius Malema, die leier van die EFF, hom gaan sien het in die tronk om die pleeg van plaasmoorde aan te moedig. In ʼn opgeneemde…

|

AfriForum stuur plaasaanvalslagoffers na VSA ná bedrieglike Ramaphosa-uitlating

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is na die VSA sal stuur in ’n volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding. Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer* deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende…

End of content

End of content