|

Plaasmoorde: Weduwee rig videoboodskap aan Ramaphosa en die VSA

Mariandra Heunis, wie se man in 2016 vermoor is, het ’n video op haar Facebook-blad gepubliseer waarin sy ’n boodskap aan president Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA rig oor die krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die video is in reaksie op Ramaphosa se onlangse stelling in die VSA dat daar nie so…

|

Plaasmoorde in Suid-Afrika: Weduwee se boodskap aan VSA versprei soos ’n veldbrand op sosiale media

Die videoboodskap van ’n weduwee – wie se man tydens ’n plaasaanval voor haar en haar gesin vermoor is – aan pres. Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die VSA. Mariandra Heunis, weduwee van Johann Heunis…

|

AfriForum verskerp internasionale veldtog; praat in Australië oor plaasmoorde

Verteenwoordigers van AfriForum is tans in Australië as deel van dié burgerregte-organisasie se internasionale veldtog teen plaasmoorde, waar hulle die verhale van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde vertel. AfriForum het reeds vergader met minister Andrew Hastie, voorsitter van die parlementêre gesamentlike komitee van verdediging en intelligensie, en ook aan ’n gesprek op Sky News Australia…

|

AfriForum spreek Wes-Australiese parlement toe oor plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken. “Parlementslede is veral geskok oor die feit dat pres. Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in…

|

Veiligheid van kardinale belang om aanvalle af te weer

Twee boere is die afgelope week in plaasaanvalle vermoor wat die kwessie van behoorlike veiligheid opnuut in die kollig plaas. Christo Kruger (63) van die plaas Byron in die Kuruman-omgewing is verlede week op sy plaas doodgeskiet in wat vermoedelik ’n wraakaanval deur ’n voormalige werknemer was. Hy is in die bors geskiet nadat hy…

End of content

End of content