Plaasmoordstatistieke bekendgemaak
https://www.youtube.com/watch?v=g2-uYbf7ZHk
AfriForum het in Centurion ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekendgestel. Dit volg ná die vlaag plaasaanvalle wat die land sedert die begin van die jaar geteister het. Sedert die begin van 2014 is 24 insidente op plase en kleinhoewes aan AfriForum gerapporteer, waartydens minstens drie boere vermoor is. Die aksieplan sluit ’n verskerpte bewusmakings- en…
As jy wonder wat nog voor die einde van November gebeur vir die Hoe lank nog-veldtog, moet jy hierdie Afrikwensie-insetsel luister. Ernst Roets vertel onder meer van ʼn musiekvideo wat geskiet is vir Jaco Labuschagne, wat ʼn liedjie geskryf het oor die onderwerp van plaasmoorde. Post Views: 749
AfriForum het opnuut ’n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig, en die burgerregte-organisasie te nader om buurtwagte te help vestig. Dít, na nóg twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria, wat die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan bring….
Die nuusberigte dat die nuwe landbouminister, Senzeni Zokwana, sy beeswagter slegs R26 per dag betaal getuig volgens AfriForum van die regerende ANC se dubbele standaarde ten opsigte van boere en plaaswerkers. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat AfriForum die afgelope twee jaar by verskeie geleenthede deur senior regeringsamptenare meegedeel is dat…
Post Views: 843
Fox News, die grootste televisienuuskanaal in die VSA, het gisteraand ’n onderhoud met Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, uitgesaai waarin plaasmoorde en die Suid-Afrikaanse regering se plan met betrekking tot onteiening sonder vergoeding in die kollig geplaas is. Op die program Tucker Carlson Tonight, wat in spitstyd in die VSA uitgesaai is, het…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.