Mediakonferensie rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde: Ian Cameron
https://www.youtube.com/watch?v=pXy79zHqXrg
Verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion standpunt teen plaasmoorde ingeneem en ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om indringend in te gryp om dié krisis te prioritiseer. Die organisasies het hulle ook almal daaraan verbind om deel te neem aan die protesoptog teen plaasmoorde wat vir Saterdag,…
AfriForum het vandag ʼn oorwinning in die Pretoriase hooggeregshof behaal nadat regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen beslis het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) statistiek oor plaasmoorde en -aanvalle tussen 1990 en 2015, sowel as die metodiek rondom die insameling van die statistiek, aan dié burgerregte-organisasie moet oorhandig. Dit spruit uit die formele versoek wat AfriForum…
AfriForum dryf al vir ’n tyd lank ’n veldtog dat die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) jaarliks statistieke oor plaasaanvalle moet vrystel. Dit is nie so moeilik is om syfers oor plaasaanvalle vry te stel soos wat die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voorgee nie. Uiteraard bestaan daar verskeie…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n maand gelede vir die soveelste keer ’n skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar. “Cele het tot vandag toe nog nie eers ontvangs erken van…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het besluit om voort te gaan met reëlings om Vrydag, 16 Oktober om 10:00 in Senekal ’n vreedsame protesaksie teen plaasmoorde en geweld te hou. AfriForum het hierdie besluit geneem om te verseker dat die vreedsame meerderheid, wat op ’n geordende wyse hulle woede en misnoeë oor die terreur op plase wil…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.