|

AfriForum verwelkom uitspraak oor Ottosdal-plaasmoord, vra pro-aktiewe plaasmoordstrategie

AfriForum het vandag gesê die burgerregte-organisasie is dankbaar oor die uitspraak in die plaasmoord-saak van André van der Merwe, ʼn boer van Ottosdal wat in 2011 vermoor is, maar bygevoeg dat ʼn reaktiewe benadering tot plaasmoorde nie sal bydra om hierdie verskynsel teen te werk nie. ʼn Beroep is op die minister van polisie, Nathi…

|

AfriForum gaan Stiglingh-plaasmoord met SAMRK opneem

AfriForum gaan die plaasaanval op die Stiglingh-egpaar in Noordwes met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) opneem en ʼn versoek aan dié kommissie rig om standpunt vir die prioritisering van plaasmoorde in te neem. Die SAMRK het gistermiddag aan AfriForum bevestig dat hulle bereid is om hierdie saak verder te bespreek. ʼn Datum vir die gesprek sal…

|

AfriForum oorhandig eksemplaar van Kill the Boer aan president Cyril Ramaphosa

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n eksemplaar van die boek Kill the Boer per hand by die kantoor van president Cyril Ramaphosa afgelewer, ten einde die kernargumente vir die prioritisering van plaasmoorde onder sy persoonlike aandag te bring. ’n Ope brief aan die president in videoformaat is ook vandag op YouTube gepubliseer, waarin Ernst Roets,…

|

Plaasaanvalslagoffers deel hul stories met internasionale media

Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het op 6 November 2018 saam met ’n Franse radiostasie, Radio France Internationale (RFI), ’n plaasaanvalslagoffer besoek om oor plaasaanvalle en grondbesetting in Suid-Afrika te gesels. David Baché van RFI het ’n onderhoud met Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, en Bernadette Hall gevoer. Hall se man David…

|

ANC-verklaring is nie genoeg om plaasaanvalle te stuit nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die feit verwelkom dat die ANC vandag plaasmoorde in ’n mediaverklaring veroordeel het, maar bygevoeg dat verklarings alleen nie genoeg is om die krisis in die praktyk hok te slaan nie. Die organisasie het opnuut ’n beroep op die regering gedoen om plaasmoorde te prioritiseer deur ’n gefokusde teenstrategie op skrif…

End of content

End of content