|

AfriForum en slagoffers gaan plaasmoordpetisie na VN neem

AfriForum en slagoffers wie se geliefdes op plase vermoor is, het vandag in Pretoria ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde begin, wat in November vanjaar by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien sal word. By die geleentheid is ’n verslag, getiteld “Die Mthethwa-dossier” ook bekendgestel. Die verslag bevat die besonderhede van tien…

|

AfriForum sê spesialis-eenhede speel beduidende rol in misdaadbekamping

AfriForum sê dit is duidelik – uit die misdaadstatistiek wat vandag bekendgemaak is – dat die SAPD se spesialis-eenhede ’n beduidende bydrae gelewer het in die afname en bekamping van prioriteitsmisdade die afgelope finansiële jaar. Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid het gereageer op die vrystelling van die jaarlikse nasionale misdaadstatistiek deur die minister…

|

Slagoffers ry 1000 kilometer op kwadfietse vir bewusmaking oor plaasmoorde

Vyf slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, gaan met die samewerking van AfriForum van 26 tot 29 September 2013 ’n roete van 1000 kilometer met kwadfietse vanaf Johannesburg na Durban ry ter bewusmaking van plaasmoorde. Die groep, bekend as die Frischgewaagd Dirt Riders, gaan deur vyftig plase ry, waar hulle literatuur en pamflette sal versprei om…

|

AfriForum stuur 10 000 e-posse aan polisieminister oor plaasmoorde

AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word. Hierdie e-posse sal ook deel vorm van die petisie wat AfriForum in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede sal indien….

|

AfriForum en slagoffers versoek Menseregtekommissie-verhoor oor plaasmoorde

AfriForum gaan môre, saam met ʼn slagoffer wie se man onlangs in ʼn plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) indien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se traak-my-nieagtige houding oor hierdie misdaadverskynsel. AfriForum gaan spesifiek…

|

Plaasmoorde nou in die MRK se hande

AfriForum het Donderdag, 30 Mei saam met Elize Perrin, wie se broer, Mauritz Oberholzer verlede September op sy plaas vermoor is, ʼn klagtebundel van 10 klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien. Waarvoor vra AfriForum en wat is die Kommissie se terugvoer? Esmarie Prinsloo gesels met Ernst Roets… Kom luister gou saam Afrikwensie vir besonderhede…

|

AfriForum verkla Polisieminister by Openbare Beskermer

AfriForum het vandag ʼn klag van magsmisbruik, wanadministrasie, politieke afpersing en minagting van die hof teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die openbare beskermer ingedien. Die klag spruit voort uit die minister en sy verteenwoordigers se pogings om AfriForum se protesoptog teen plaasmoorde onwettig te verklaar ten spyte van ʼn hofbevel wat verklaar…

End of content

End of content