Die trauma van plaasmoorde – Konteks #26
https://www.youtube.com/watch?v=GjIjfNY6cHE
AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal…
AfriForum sê dit is duidelik – uit die misdaadstatistiek wat vandag bekendgemaak is – dat die SAPD se spesialis-eenhede ’n beduidende bydrae gelewer het in die afname en bekamping van prioriteitsmisdade die afgelope finansiële jaar. Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid het gereageer op die vrystelling van die jaarlikse nasionale misdaadstatistiek deur die minister…
Post Views: 757
AfriForum gaan eerskomende Donderdag ’n verslag, waarin die brutaliteit van plaasmoorde uitgebeeld word, bekendstel. Die Internasionale Rehabilitasieraad vir die Slagoffers van Marteling het ook reeds aan die burgerregte-organisasie onderneem om die verslag te bestudeer. Die verslag sal op 26 Junie vrygestel word – ’n dag wat deur die Verenigde Nasies verklaar is tot Internasionale Dag…
“Soms voel dit dat om ’n plaasmoord te oorleef is erger as om vermoor te word want jy moet elke dag daarmee saamleef.” So het Mariandra Heunis, ’n slagoffer van ’n wreedaardige plaasaanval, vandag tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer gesê. Heunis, ’n ma van…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde wat gedurende 2014 plaasgevind het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion bekendgemaak. ’n Totaal van 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU bevestig kon word. In dieselfde jaar kon 67 plaasmoorde bevestig word….
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.