Nantes Kelder – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=shaWPjdtGCk
Besoekers aan die Boeremark in Pretoria was Saterdagoggend aan die hart gegryp met die uitbeelding van ’n leë kosstalletjie ter bewusmaking van plaasmoorde in die land en die Treurgrond-film wat in Mei hierop gaan fokus. Bea Pretorius, bemarkingshoof van AfriForum, het gesê uit die reaksie van omstanders was dit duidelik dat plaasmoorde en gepaardgaande probleme…
AfriForum het ’n platform geskep waar lede van die publiek hul steun tot die wêreldkampioen-Springbokrugbyspan van 1995 se pleidooi aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) kan voeg. In dié pleidooi versoek die oud-Bokke ’n oomblik van stilte vir alle slagoffers van plaasmoorde en geweldmisdaad voor eerskomende Saterdag se Curriebeker-finaal tussen die Sharks en die Westelike Provinsie…
AfriForum het vandag ʼn klag van magsmisbruik, wanadministrasie, politieke afpersing en minagting van die hof teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die openbare beskermer ingedien. Die klag spruit voort uit die minister en sy verteenwoordigers se pogings om AfriForum se protesoptog teen plaasmoorde onwettig te verklaar ten spyte van ʼn hofbevel wat verklaar…
AfriForum se veiligheidstrukture in Kathu en Kuruman in die Noord-Kaap en Vryburg in Noordwes is saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) steeds op die spoor van drie vermeende plaasaanvallers, nadat ʼn 64-jarige boer, Christo Kruger op sy plaas, Byron, doodgeskiet is. Kruger se vrou, Vera, is ongedeerd. Dit blyk of niks gesteel is nie. “Christo…
Twee jaar nadat Mariandra Heunis se man, Johan, koelbloedig voor haar en haar dogtertjie doodgeskiet is, veg sy voort om die boodskap oor die wreedheid van plaasmoorde na die wêreld uit te dra. Heunis het vandeesweek ’n video vrygestel waarin sy vir pres. Cyril Ramaphosa vra hoe hy sou gevoel het om die bloed van…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.