|

Plaasmoorde in die kollig by SAMRK se openbare plaasmoordverhoor

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91 plaasaanvalle en 42 plaasmoorde in Suid-Afrika sedert Januarie 2014.

AfriForum gaan Maandag voorleggings oor die noodsaak van die prioritisering van plaasmoorde maak. Verskeie ander rolspelers, insluitend slagoffers van plaasaanvalle, sal voorleggings aan die kommissie maak.

Alle belangstellendes van die publiek en media is welkom om die verhoor by te woon.

Besonderhede is soos volg:

Datum: 15 en 16 September 2014
Plek: SAMRK-hoofkantoor. 33 Hoofd-straat, Braampark Forum 3, Braamfontein.
Tyd: 9:00 – 16:30

Similar Posts