Skep Moed
https://www.youtube.com/watch?v=hsH4uu-27qM
AfriForum gaan môre, saam met ʼn slagoffer wie se man onlangs in ʼn plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) indien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se traak-my-nieagtige houding oor hierdie misdaadverskynsel. AfriForum gaan spesifiek…
’n Kaapstadse hip-hopgroep het onlangs geslaag in hulle pogings om roem te verwerf deur rassisties te wees. Die afgelope week is aansienlike mediadekking gegee aan ’n groep wat ’n liedjie geskryf het met lirieke wat die luisteraar aanhits om te help om die plaas van ’n simboliese boer af te brand. Die lirieke wemel van…
Die burgerregtewaghond AfriForum is van mening dat daar tans geen beheer oor misdaad in Suid-Afrika is nie en dat landsburgers ’n verdere toename in geweldmisdaad kan verwag. Dít volg nadat Fikile Mbalula, minister van polisie, vandag met die bekendmaking van die misdaadstatistiek vir 2016/2017 aangekondig het dat die moordsyfer vir die afgelope jaar met 1,8%…
Christine Robinson, ’n Britse vrou in haar vyftigs, is vandag wreed op haar plaas, sowat 15 km buite Thabazimbi, doodgeslaan. Die polisie is besig met ’n ondersoek en na gerugte word twee plaaswerkers vermis, wat moontlik met die saak verband kan hou. AfriForum doen opnuut ʼn beroep op die regering om dringend in te gryp…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en TLU SA het vandag in Centurion aangekondig dat Suid-Afrikaanse boere en plaaswerkers in 2015 die wreedste jaar nóg beleef het, met die meeste aangetekende plaasaanvalle sedert daar in 1990 begin is om aanvalle aan te teken. Die afgelope jaar se syfers is verwerk en geverifieer om die mees akkurate weerspieëling te…
24 Oktober 2012 In die lig van Mthethwa se voortslepende traak-my-nieagtige houding oor plaasmoorde, het AfriForum die minister se kantoor in kennis gestel dat die organisasie van voorneme is om saam met slagoffers van plaasmoorde voor die minister se kantoor te betoog. Gedurende ‘n telefoongesprek op 23 Oktober 2012 het die minister se woordvoerder, Zweli…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.