Stop Die Moorde – AfriForum
https://www.youtube.com/watch?v=dJ_760Jcx7U
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n plan bekendgestel wat ten doel het om die vier boere van Parys, wat daarvan aangekla word dat hulle twee plaasaanvallers vermoor het, in hul hofsaak by te staan. AfriForum het onder meer ’n platform geskep waardeur lede van die publiek skenkings kan maak om hierdie boere by te staan….
AfriForum het vandag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer. Die organisasie is ook tans besig met die opstel van ’n dokument, genaamd “Die Mthethwa-dossier”. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens slagoffers wat…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in…
Afriforum is tans besig met ‘n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit vele invalshoeke in om sodoende die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ‘n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te isoleer en om op…
AfriForum het vandag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners wat deur plaasaanvalle geraak is om betrokke te raak by die stryd om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Vir hierdie doel is slagoffers aangemoedig om hul stories na stopdiemoorde@afriforum.co.za te stuur, sodat hul by ʼn verskerpte veldtog…
AFRIFORUM het op 23 Januarie ‘n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekend gestel. Dit kom nadat daar sedert die begin van die jaar 24 voorvalle van plaasaanvalle aan die burgerregte-organisasie gerap- porteer is. In minstens drie gevalle is boere vermoor. Lees meer hier Post Views: 558
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.