|

#STOPDIEMOORDE – Tydlyn

AfriForum dryf reeds sedert 2012 ’n veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer. Hoewel die organisasie van mening is dat die probleem nog nie ten volle opgelos is nie, beskou dit die aankondiging as ’n reusesprong in die regte rigting.

Hieronder volg die belangrikste mylpale in die veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer:

2012

25 Mei Kranslegging by en memorandum aan die kantoor van mnr. Nathi Mthethwa, destydse Minister van Polisie. In totaal word 1 445 rose neergelê.

19 Junie AfriForum hou ’n “Stap teen geweld”-optog na die Uniegebou in samewerking met Bobby en Karlien van Jaarveld. ’n Memorandum word aan president Zuma se verteenwoordiger oorhandig.

4 Oktober AfriForum rig ’n skrywe aan president Zuma waarin die realiteit van plaasmoorde uitgelig word.

30 November Memorandums word aan 100 polisiestasies regoor Suid-Afrika gerig. In die memorandums word daar sterker ingryping teen plaasmoorde versoek.

1 Desember Protesoptog na die minister se kantoor.

2013

8 Januarie AfriForum verkla die polisieminister by die openbare beskermer.

17 Januarie Honderde plaasaanvalslagoffers se briewe word aan die polisieminister oorhandig.

20 Februarie AfriForum verskerp sy plaasmoordeveldtog.

 

20 Maart AfriForum neem plaasmoorde met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) op nadat die organisasie deur verskeie slagoffers en hul families genader is.

30 Mei AfriForum en slagoffers versoek SAMRK-verhoor oor plaasmoorde.

 

18 Junie AfriForum lê polisienalatigheid in plaasaanvalle by blitskonferensie bloot.

 

11 Julie Die “Stop die moorde”-veldtog word van stapel gestuur.

 

27 Junie AfriForum volg dubbelstrategie teen plaasmoorde.

 

12 Augustus AfriForum bevestig opnuut dat plaasmoorde nie deur die normale regsprosesse bekamp moet word nie en dat slegs ’n gefokusde teenstrategie die krisis volhoubaar sal kan oplos.

28 Augustus Plaasmoordekranslegging

11 September AfriForum en slagoffers van plaasaanvalle neem plaasmoordpetisie na die Verenigde Nasies (VN).

18 September AfriForum begin gemeenskappe self deur middel van buurtwagte en radiostelsels beveilig.

3 Oktober AfriForum stuur die “Hoe lank nog?”-veldtog van stapel. AfriForum stuur 10 000 e-posse oor plaasmoorde aan die polisieminister.

26 September Vyf slagoffers van plaasaanvalle ry 1 000 km met kwadfietse vir die bewusmaking van plaasmoorde.

4 November Die “Hoe lank nog?”-liedjie word ter ondersteuning van die plaasmoordveldtog bekendgestel.

26 November AfriForum by die VN in Genève oor minderheidsregte.

2014

23 Mei AfriForum by die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede.

23 Junie AfriForum loods nasionale plaasaanvallestudie.

26 Junie Wêrelddag teen Marteling: AfriForum betrek Internasionale Raad teen Marteling by die stryd teen plaasmoorde.

3 Julie Die SAMRK ondersoek veiligheid en menseregte op plase.

27 Augustus AfriForum maak ’n inligtingstuk bekend om gemeenskappe van plaasmoorde bewus te maak.

10 September AfriForum neem deel aan ’n internasionale staptog teen plaasmoorde.

 

2015

15 Januarie Statistiek oor plaasaanvalle en -moorde in 2014 word bekendgemaak.

2 Februarie AfriForum besoek die boeremark met plaasmoordkwessies ter bemarking van die film Treurgrond.

21 Maart AfriForum hou ’n vergadering met mnr. Senzeni Zokwana, die minster van landbou, bosbou en visserye, waar stappe bespreek word om die veiligheid van die boere te verseker.

16 Mei Treurgrond, ’n film wat die werklikheid van plaasmoorde uitbeeld, word bekendgestel. AfriForum tree as borg op.

3 Julie AfriForum besoek Perth, Australië, om bewusmaking te skep vir plaasaanvalle in Suid-Afrika.

4 Augustus AfriForum dien ’n memorandum vir die prioritisering van plaasmoorde by die kantoor van die minister van polisie in Pretoria in, waarna ’n gestoei tussen AfriForum-lede en die polisie uitbreek.

5 Oktober AfriForum versoek dat polisie hul statistiek oor plaasaanvalle bekendmaak.

2 November AfriForum doen ’n beroep op president Zuma om met die slagoffers van plaasaanvalle in gesprek te tree.

November AfriForum verklaar November 2015 as nasionale maand van protes teen plaasmoorde.

25 November AfriForum striem die Suid-Afrikaanse regering by die VN.

1 Desember AfriForum verskerp sy veldtog vir die internasionale bewusmaking van plaasmoorde. Memorandums word by 15 ambassades ingedien, wat versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering moet uitoefen om plaasmoorde te priositiseer.

2016

10 Februarie AfriForum maak plaasmoord en- aanvalsyfers vir 2015 bekend, wat aandui dat 2015 die meeste plaasaanvalle in 15 jaar gehad het.

26 Februarie AfriForum behaal oorwinning in hooggeregshof: Polisie moet plaasmoordstatistiek oorhandig.

2017

16 Maart Verslag dui op korrelasie tussen politiek, haatspraak en styging in plaasmoorde

26 April Plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika: Statistiek dui op drastiese toename in plaasmoorde

25 Oktober 70 plaasmoorde sedert 1 Januarie: AfriForum begin burgerlike mosie van wantroue in Fikile Mbalula

 

 

Similar Posts