Skep Moed
https://www.youtube.com/watch?v=hsH4uu-27qM
Twee boere is die afgelope week in plaasaanvalle vermoor wat die kwessie van behoorlike veiligheid opnuut in die kollig plaas. Christo Kruger (63) van die plaas Byron in die Kuruman-omgewing is verlede week op sy plaas doodgeskiet in wat vermoedelik ’n wraakaanval deur ’n voormalige werknemer was. Hy is in die bors geskiet nadat hy…
Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het vandag saam met die American Broadcasting Corporation (ABC) twee plase besoek om met ’n plaasaanvalslagoffer, asook die familie van plaasmoordslagoffers te gesels. Op die Engelbrecht-familie se plaas buite Fochville is twee lede van dié familie – Fanie (78) en Colleen (74) – op 13 Mei vanjaar in ’n wrede…
AfriForum het aan die begin van Oktober aan die Quads4Quads-wedloop deelgeneem ter bewusmaking van plaasmoorde. Só het die wedloop daar uitgesien: Dag 1: AfriForum se vier motorfietsryers het met groot verwagtinge by Cane Cutters Lodge net buite Ballito weggespring en het op dag een reeds ’n totaal van 250 km afgelê om stof op te…
AfriForum gaan eerskomende Donderdag ’n verslag, waarin die brutaliteit van plaasmoorde uitgebeeld word, bekendstel. Die Internasionale Rehabilitasieraad vir die Slagoffers van Marteling het ook reeds aan die burgerregte-organisasie onderneem om die verslag te bestudeer. Die verslag sal op 26 Junie vrygestel word – ’n dag wat deur die Verenigde Nasies verklaar is tot Internasionale Dag…
Trends in farm murders and an analysis of arrests and Prosecutions 2016-2021 Post Views: 591
Die Burger – Burgerorganisasies het gister ‘n beroep op die polisie gedoen om saam met hulle te werk om oplossings vir plaasaanvalle en -moorde te kry. Hulle vra ook meer duidelikheid oor die polisie se statistieke oor plaasmoorde. Lees die berig Post Views: 571
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.