|

Plaas moorde

Plaasmoorde is n onding wat kop uitgesteek het na Suid Afrika “bevry” is en het stelselmatig toegeneem tot die krisis waarin ons boere hulle tans bevind. N groot magdom van die verdruktes skreeu “We want land”. As daar n lands eis ingedien word en toegestaan word en die keuse berus tussen land en geld word geld gekies en die moorde op boere gaan voort want die die geskreeu “We want land” gaan voort. Politici skreeu “one bullet one settler” en “we want land”. In tussen word die boere stelselmatig vermoor. Verdagtes word gearresteer en “ontsnap” gerieflikheidhalwe. Daar is geen afskrik middels vir die boere se moorde nie.
Daar word gese die boer moet paraat wees en homself beveilig. Ruk julle reg. Kry jou veiligheidsmaatreels in plek. Ek glo die boer is n man wat boer. Hy is nie n polisieman, boer of veiligheidsadviseur nie. Hy boer en voorsien voedsel. Dit is sy prioriteit.
Kommando’s wat voor geen n groot rol gespeel het om boere te beveilig is ontbind. Ons kan lank redeneer hier oor maar Ek glo dit speel n groot rol in die nie-beveliging van die boere.
Samesprekings met regering en polisie het nie n drastiese afname of enige afname in moorde op boere te weeg gebring nie.
Nou wat nou? Moet ons net ons hande saam slaan en bid vir n oplossing? Dit is goed om te bid maar ons sal self iets moet doen,
Hoeveel blanke mans en seuns is sonder werk. Hoekom kry ons nie van die groot sekuriteits maatskappye om werklose mans en seuns op te lei in taktiese oorlogvoering en wapen hantering nie en hulle op plase te plaas nie. As die die boer slaap kan hulle wag staan met n nag verkyker en geweer. As die moordenaars toeslaan kan hulle dan minsters in gewapende weerstand vas loop. Die mense wat wagstaan kry n dak oor die kop en kos. Daar kan n fonds gestig word om hulle n maandelikse toelae te betaal. Ons moet iets doen. Miskien kan so iets oorweeg word? Vra maar net!

Similar Posts