|

Protesoptog na die minister se kantoor

1 Desember 2012

Die Potgietergesin is op 1 Desember 2010 op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat vermoor. In die lig hiervan het AfriForum saam met slagoffers van plaasmoorde en plaasaanvalle ‘n protesoptog na
Mthethwa se kantoor in Pretoria gehou. Mthethwa het aanvanklik gepoog om te verhoed dat die optog plaasvind en het later selfs sover gegaan as om dit tot ‘n onwettig byeenkoms te verklaar. AfriForum is telefonies deur die Tshwane Metropolisie in kennis gestel dat die optog nie mag plaasvind nie en dat dit ook nie uitgestel mag word nie. Geen redes vir hierdie besluit kon gegee word, behalwe dat die instruksie van “topbestuur” af kom nie. Nadat AfriForum ‘n dringende verklarende bevel in die Gauteng Noord-Hoe Hof ontvang het dat daar geen wettig beletsel teen die optog is nie en dat dit mag voortgaan, het Mthethwa die hofbevel geminag en voortgegaan om dit as ‘n onwettig optog te hanteer. Geen polisiebegeleiding is ontbied om na die slagoffers se veiligheid om te sien nie ( die enkele polisiebeampte wat wel op die toneel was, was toevallig in die area en het gesê dat hulle geen kennis van die optog ontvang het nie) en Mthethwa het geweier om die memorandum te ontvang. Die memorandum is toe in die straat voorgelees.

Similar Posts