Hoe Lank Nog – Teken ons petisie teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=wjwR7XJqybc
Drie slagoffers wie se lewens deur plaasaanvalle en -moorde geraak is, het vandag tydens ‘n verfilmde gespreksgeleentheid in Pretoria hul stories aan die wêreld vertel en gereageer op die onlangse uitspraak van president Cyril Ramaphosa dat daar nie so iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het die…
Die burgerregte-organisasie AfriForum beskuldig Fikile Mbalula, die minister van polisie, daarvan dat hy ’n fabriseerder en verspreider van fopnuus is en dat die minister meer besorgd is oor sy eie politieke agenda as oor die publiek se veiligheid. Dit spruit uit ’n verklaring deur Bongani Mkongi, adjunkminister van polisie, waarin mense wat vir die prioritisering…
Ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewe deur plaasaanvalle verwoes is, se stories is vandag aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig. Die slagoffers het van die minister geëis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Die briewebundel is saam met AfriForum deur Belinda van Noord, wie se pa…
AfriForum is besig met ’n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit verskeie invalshoeke in om die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ’n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te fokus, juis omdat daar soveel veranderlikes…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn formele versoek ingedien by die nasionale polisiekommissaris, generaal Khehla Sitole, om aantygings te ondersoek wat gemaak is deur ʼn lid van ʼn berugte tronkbende dat Julius Malema, die leier van die EFF, hom gaan sien het in die tronk om die pleeg van plaasmoorde aan te moedig. In ʼn opgeneemde…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die verslag wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) vandag oor aanvalle en moorde op landelike gebiede bekend gestel het, verwelkom. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat hoewel die organisasie sekere voorbehoude oor die detail van die verslag het, is die aanbevelings wat daarin deur die SAMRK gemaak word,…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.