AfriForum se stryd teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=ghaLtr7P3js
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die…
AfriForum het vandag die minister van polisie, Nathi Mthethwa gevra om vir die slagoffers van plaasaanvalle self te gaan sê dat hulle pleidooi vir sterker polisie-optrede teenoor plaasmoorde maar net ʼn “publisiteitsfoefie” is. Dit volg nadat die minister vandag, by monde van sy woordvoerder, Zweli Mnisi, ʼn mediaverklaring uitgereik het, waarin hy die oorhandiging van…
AfriForum en slagoffers versoek Menseregtekommissie-verhoor oor plaasmoorde AfriForum het op 30 Mei 2013 saam met Elize Perrin, wie se broer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi…
Personeellede van die burgerregte-organisasie AfriForum is onlangs deur die skrywer AnnMaree Barry genooi om as gassprekers in Calitzdorp op te tree tydens die bekendstelling van haar nuutste boek getiteld Afvlerkvoëls. Barry is ’n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie en die boek handel oor die hartseer van ’n plaasaanval en die trauma wat daarna ervaar word….
AfriForum se takke aan die Oos-Rand het op 25 November 2017 aan die burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou deelgeneem. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memorandums aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het om die fokus op plaasaanvalle en -moorde te…
Die werklike omvang van plaasmoorde en –aanvalle in Suid-Afrika en die brutaliteit, hartseer en trauma wat daarmee gepaard gaan, het eers regtig by hulle ingesink toe hulle aan die film Treurgrond begin werk het. Van die land se voorste akteurs soos Steve Hofmeyr (hoofrol), Barbara-Marie Immelman, Erica Wessels, Jana Strydom (hoofrol) en Graeme Kriega het…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.