Massa-optog. Staan saam teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=e4E28Qn-kmI
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en Lorraine Claasen, navorser by dié burgerregte-organisasie, is pas terug van die 15 de internasionale simposium van die World Society of Victimology in Perth, Australië, waar hulle die internasionale gemeenskap oor die omvang en erns van plaasmoorde ingelig het. Roets het gesê hulle het ook ’n groep Suid-Afrikaners…
’n Kaapstadse hip-hopgroep het onlangs geslaag in hulle pogings om roem te verwerf deur rassisties te wees. Die afgelope week is aansienlike mediadekking gegee aan ’n groep wat ’n liedjie geskryf het met lirieke wat die luisteraar aanhits om te help om die plaas van ’n simboliese boer af te brand. Die lirieke wemel van…
Die groei in AfriForum se ledetal het dit vir die organisasie moontlik gemaak om hom sterker op die internasionale publiek toe te spits. Dit is ook die rede waarom AfriForum die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland toegespreek het. Vir die lesers van hierdie blog is dit lankal nie meer nodig om…
AfriForum en die departement van landbou, bosbou en visserye het ’n tweede gesprek oor veiligheid in boerdery-gemeenskappe gehad. Dié gesprek volg op die vergadering wat AfriForum op 20 Maart 2015 met die minister van landbou, bosbou en visserye, mnr. Senzeni Zokwana, gehad het. Minister Zokwana en AfriForum het op ’n vyfpuntplan van aksie ooreengekom wat…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die nuutste plaasaanvalstatistiek vir 2019 bekend gemaak. ’n Plaasaanvalslagoffer het ook die grusame gebeure van die aanval waartydens sy geskiet en verkrag is met die media gedeel. Altesaam 184 plaasaanvalle het reeds vanjaar plaasgevind waarvan 20 plaasmoorde was. Gauteng (51 aanvalle), Noordwes (28 aanvalle) en Limpopo (27…
24 Oktober 2012 In die lig van Mthethwa se voortslepende traak-my-nieagtige houding oor plaasmoorde, het AfriForum die minister se kantoor in kennis gestel dat die organisasie van voorneme is om saam met slagoffers van plaasmoorde voor die minister se kantoor te betoog. Gedurende ‘n telefoongesprek op 23 Oktober 2012 het die minister se woordvoerder, Zweli…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.