Plaasmoorde – Slagoffers vertel self
https://www.youtube.com/watch?v=oj-BVNaWAbY
Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum dryf in 2021 ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde wat bewusmaking-, veiligheid-, voorkoming- en ondersteuningsprojekte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak insluit. AfriForum sal voortgaan om aandag…
Post Views: 711
AfriForum het hom sterk uitgespreek oor gister se gru-moorde op ʼn bejaarde Duitse egpaar en hul seun in Richmond, KwaZulu-Natal. Dié burgerregte-organisasie sê die regering se stilswye oor plaasmoorde dra by tot aanvalle op boere, omdat die regering geen veiligheidsbystand aan boere lewer nie. ʼn Boer (76), sy vrou (65) en seun (33) se liggame…
Post Views: 617
AfriForum het vandag ʼn beroep op president Jacob Zuma gedoen om in gesprek te tree met slagoffers van plaasaanvalle. Die burgerregte-organisasie het ook sy kommer uitgespreek oor die feit dat die president klaarblyklik maklik tyd in sy dagboek kan inruim om aktief deel te neem aan ʼn bewusmakingsveldtog teen renosterstropery in die Nasionale Krugerwildtuin en…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.