E-Nuus: Duncan Nyawo stap teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=lC0sHs9iihY
Terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum en honderde lede van die publiek vandag ’n oomblik van stilte vir al die slagoffers van plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou het, is die bejaarde Bokkie Potgieter (70) wreed op ’n plaas in Vryheid in KwaZulu-Natal vermoor. Die organisasie het vandag as deel van #SwartMaandag saam met duisende landwyd…
AfriForum gaan ‘n memorandum aan presidensie oorhandig wat handel oor die realiteit van plaasmoorde, ’n politieke omgewing van onaktiwiteit, aanstigting en ontkenning, en die reaksie van gemeenskapsveiligingstrukture. Veg saam teen plaasmoorde. Voeg nou jou naam by die memorandum: Post Views: 1,558
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n opbouende vergadering met die minister van landbou, bosbou en visserye, mnr. Senzeni Zokwana gehad waar moontlike stappe bespreek is wat geneem kan word om die veiligheid van boere en ander Suid-Afrikaners in landelike gebiede, te verbeter. Die minister was beïndruk met die stappe wat AfriForum reeds in plek gestel het…
AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…
AfriForum het opnuut ʼn beroep op die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, gedoen om plaasmoorde te prioritiseer. Dít volg nadat ’n bejaarde egpaar en hul vriendin die naweek op hul wildsplaas naby Thabazimbi aangeval is. Bruno Res (73) is in die arm en sy vrou Petru (60) in die kop geskiet. Die egpaar is deur…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.