Double standards in the mainstream media
https://www.youtube.com/watch?v=weRhSMdHxbA
AfriForum het ʼn dringende versoek aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, mnr. Zach Modise gerig vir ʼn interne ondersoek by die gevangenis in Barkley-Oos in die Oos-Kaap. Dié versoek volg nadat vier gevangenes, waaronder twee verdagtes wat vir die plaasmoord op Sarel Pretorius in Januarie 2014 in hegtenis geneem is, gister ontsnap het. Hulle…
AfriForum en slagoffers wie se geliefdes op plase vermoor is, het vandag in Pretoria ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde begin, wat in November vanjaar by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien sal word. By die geleentheid is ’n verslag, getiteld “Die Mthethwa-dossier” ook bekendgestel. Die verslag bevat die besonderhede van tien…
AfriForum het ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde van stapel gestuur en ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die President se ingryping geëis word. Tien praktiese stappe wat die regering behoort te doen om plaasmoorde doeltreffend te bekamp, word ook in dié brief uiteengesit. Om die veldtog af te skop, het AfriForum vandag…
AfriForum en die departement van landbou, bosbou en visserye het ’n tweede gesprek oor veiligheid in boerdery-gemeenskappe gehad. Dié gesprek volg op die vergadering wat AfriForum op 20 Maart 2015 met die minister van landbou, bosbou en visserye, mnr. Senzeni Zokwana, gehad het. Minister Zokwana en AfriForum het op ’n vyfpuntplan van aksie ooreengekom wat…
AfriForum het ʼn reeks met tien praktiese voorstelle van maniere hoe plaasmoorde in die praktyk bekamp kan word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê. Dié aksieplan vorm deel van ’n verslag wat AfriForum aan die SAMRK voorgelê het by die kommissie se openbare verhoor oor plaasmoorde wat op 15 en 16 September in Johannesburg plaasvind….
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.