AfriForum talks about farm murders on Sky News
https://www.youtube.com/watch?v=YF77vlXbTeo
Afriforum is tans besig met ‘n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit vele invalshoeke in om sodoende die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ‘n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te isoleer en om op…
AfriForum het November 2015 as ’n nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar. Gedurende November sal verskeie aksies van stapel gestuur word wat daarop toegespits is om internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer. AfriForum versoek die publiek om hul ondersteuning aan hierdie veldtog te verklaar deur die webblad www.stopdiemoorde.co.za…
Verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion standpunt teen plaasmoorde ingeneem en ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om indringend in te gryp om dié krisis te prioritiseer. Die organisasies het hulle ook almal daaraan verbind om deel te neem aan die protesoptog teen plaasmoorde wat vir Saterdag,…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.