AfriForum fokus sterker op plaasmoorde, grondeise
https://www.youtube.com/watch?v=U_7cR3gMHgA
Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou oor wat die ware toedrag van sake in die land is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die organisasie se…
Die burgerregte-waghond AfriForum het vandag versoek dat Fikile Mbalula, minister van polisie, dringend ingryp in die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) se beplande landwye staking wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 10111-dienssentrumpersoneel betrek, wat salarisverhogings eis. Oscar Skommere, hoofsekretaris van Sapu, sê dat honderde van die 10111-personeel gaan staak vanaf 6 Junie, maar dat hulle vir bestuur…
AfriForum se takke in Pretoria, Centurion en die omliggende gebiede het op 25 November 2017 aan dié burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde deelgeneem. Die optog het vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou plaasgevind. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memoranda aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het…
Post Views: 466
Die gestoei wat verlede week voor die minister van polisie se kantoor uitgebreek het, moet as ’n bevestiging beskou word dat AfriForum se beswaar oor die polisie se houding rakende plaasmoorde meriete het. Nie net is ekself en twee kollegas (Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid, en Marcus Pawson, provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid en Noordwes) hardhandig…
AfriForum het vandag die sewende sitting van die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, bygewoon, om insette rakende die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika te lewer. Dit is die vyfde keer wat AfriForum die jaarlikse sitting van hierdie forum bywoon. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.