AfriForum talks about farm murders on Sky News
https://www.youtube.com/watch?v=YF77vlXbTeo
AfriForum het opnuut ’n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig, en die burgerregte-organisasie te nader om buurtwagte te help vestig. Dít, na nóg twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria, wat die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan bring….
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana het in ’n skrywe aan AfriForum bevestig dat die kommissie besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die besluit is geneem tydens ’n sitting van al die SAMRK-kommissarisse, na oorweging van ’n formele versoek deur AfriForum. Die tema van die verhoor sal…
AfriForum en slagoffers versoek Menseregtekommissie-verhoor oor plaasmoorde AfriForum het op 30 Mei 2013 saam met Elize Perrin, wie se broer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi…
Dit het onder AfriForum se aandag gekom dat daar in Limpopo, die Vrystaat en KwaZulu-Natal onregmatig op gemeenskapslede se aanmelding by polisiestasies aangedring word na aanleiding van hul betrokkenheid by vandeesweek se #SwartMaandag-betogings regoor die land. “Die polisie is nou besig met politiekery en hul skending van mense se burgerregte getuig van hul onvermoë om…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.