|

AfriForum wil Menseregtekommissie spreek oor plaasmoorde

AfriForum het vandag ʼn afspraak aangevra met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana, om die Kommissie se begrip te verkry vir AfriForum se veldtog teen plaasmoorde.

In die skrywe wat aan Mushwana gerig is, verduidelik Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, dat die organisasie tans besig is om ʼn aantal slagoffers van plaasaanvalle by te staan om klagtes teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die SAMRK in te dien. “Die doel van die afspraak is om AfriForum se standpunt oor plaasmoorde te verduidelik,” het Roets gesê.

“Die plaasmoordverskynsel maak inbreuk op ʼn hele reeks van die fundamentele regte wat in die Grondwet verskans word,” het Roets gesê. “Afgesien van die ooglopende skendings van die reg op lewe, liggaamlike integriteit en privaatheid, kan ʼn argument van diskriminasie oor die regering se weiering om ʼn teenstrategie vir plaasmoorde op te stel ook uitgemaak word.”

Similar Posts