|

AfriForum-veiligheidsnetwerke op plaasmoordenaars se spoor

AfriForum se veiligheidstrukture in Kathu en Kuruman in die Noord-Kaap en Vryburg in Noordwes is saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) steeds op die spoor van drie vermeende plaasaanvallers, nadat ʼn 64-jarige boer, Christo Kruger op sy plaas, Byron, doodgeskiet is. Kruger se vrou, Vera, is ongedeerd. Dit blyk of niks gesteel is nie. “Christo…

|

3 moorde, 3 grondgrype, 2 aanvalle in KZN. Keer, sê AfriForum

AfriForum het vandag ʼn beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om te begin organiseer en mobiliseer om reg te wees vir grondgrype. Hierdie beroep volg nadat AfriForum gedurende die afgelope 10 dae in kennis gestel is van 3 plase wat deur indringers beset is, 2 plaasaanvalle en die driedubbele moord op lede van die Schutte-familie…

|

Dokumente/Verslae

Afriforum kongres Laai af Pensioenariskorting 2018-2019 Laai af Plaasaanvalle en -moorde Laai af Munisipale vullisterreinoudit Laai af Organisasies staan saam teen plaasmoorde Laai af Wapen bevoegdheid Laai af AfriForum Takprojekverslag Oor Die Munisipale Stortingsterreinoudit Laai af AfriForum-Takprojekverslag Laai af Spoedkameras en regulasies Laai af Witbank slaggate Laai af Blou- en -groendruppelprojek Laai af Die krag…

|

AfriForum na VN in Genève oor geweld teen minderhede

AfriForum gaan Dinsdag en Woensdag (25 en 26 November 2014) die sewende sitting van die Menseregteraad van Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, bywoon om insette rakende die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika te lewer. Dit sal die vyfde keer wees wat AfriForum die sitting van hierdie forum bywoon. Volgens Alana…

|

AfriForum gee sy regspan opdrag om polisie-inligting oor plaasmoorde te eis

AfriForum het vandag aan sy regspan opdrag gegee om opsies te oorweeg om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, te dwing om meer inligting oor plaasmoorde aan die organisasie beskikbaar te stel. Dit volg nadat die kommissaris beweer het dat plaasmoorde oor die afgelope vyf jaar afgeneem het, terwyl AfriForum en TLU SA se data duidelik…

|

AfriForum verwelkom uitspraak in Eston-plaasmoordverhoor

Die Pietermaritzburgse hooggeregshof het vir Siboniso Mtolo lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die moord van ’n boer in Eston, KwaZulu-Natal in September 2013. Tydens vonnisoplegging het Regter Isaac Madondo gesê: “Almal, veral plaasgemeenskappe, moet beskerm word teen mense soos Mtolo”. Die Regter het gesê dat die Hof hoop dat hierdie vonnis dien as afskrikmiddel vir misdadigers…

|

‘n Oorsig van plaasaanvalle in Suid-Afrika en die impak daarvan op die gemeenskap

Saamgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), in samewerking met Prof. Christiaan Bezuidenhout, Dr Johan Burger, Lorraine Claasen, Nantes Kelder en Ernst Roets, in November 2012. Inhoud: Inleiding: ’n Nasionale veldtog teen plaasaanvalle ‘n Oorsig van plaasaanvalle in Suid-Afrika en die impak daarvan op die gemeenskap ‘n Voorgestelde model vir ‘n basiese gemeenskapsveiligheidsnetwerk ‘n Ondersoek oor…

|

AfriForum spreek VN se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève oor plaasmoorde en geweld teen minderhede toe

AfriForum het vandag die sewende sitting van die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, bygewoon, om insette rakende die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika te lewer. Dit is die vyfde keer wat AfriForum die jaarlikse sitting van hierdie forum bywoon. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum…

End of content

End of content