AfriForum lê aksieplan vir die bekamping van plaasmoorde aan die Menseregtekommissie voor
AfriForum het ʼn reeks met tien praktiese voorstelle van maniere hoe plaasmoorde in die praktyk bekamp kan word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê. Dié aksieplan vorm deel van ’n verslag wat AfriForum aan die SAMRK voorgelê het by die kommissie se openbare verhoor oor plaasmoorde wat op 15 en 16 September in Johannesburg plaasvind….
