Ian Cameron – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=VgYPy9N6BIA
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Lorraine Claasen, kriminoloog en navorser, vertrek op 3 Julie na Perth in Australië waar hulle op ’n kongres van die World Society of Victimology oor die burgerregte-organisasie se veldtog teen plaasmoorde sal praat om groter internasionale bewustheid te skep. Roets meen die wêreld behoort kennis te neem…
Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het op 6 November 2018 saam met ’n Franse radiostasie, Radio France Internationale (RFI), ’n plaasaanvalslagoffer besoek om oor plaasaanvalle en grondbesetting in Suid-Afrika te gesels. David Baché van RFI het ’n onderhoud met Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, en Bernadette Hall gevoer. Hall se man David…
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en Lorraine Claasen, navorser by dié burgerregte-organisasie, is pas terug van die 15 de internasionale simposium van die World Society of Victimology in Perth, Australië, waar hulle die internasionale gemeenskap oor die omvang en erns van plaasmoorde ingelig het. Roets het gesê hulle het ook ’n groep Suid-Afrikaners…
AfriForum het vandag die dringende ingryping van Fikile Mbalula, polisieminister, geëis nadat vier plaasmoorde in die afgelope 48 uur gepleeg is. Piet en Tilla van Zyl is Sondag naby Immerpan in Limpopo vermoor; Arno Niehaus is Sondag naby Maanhaarrand in Noordwes vermoor; en Anton Smuts is Sondag naby Kinross in Mpumalanga vermoor en aan die…
Gedurende 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dít is van die bevindinge wat die burgerregte-organisasie AfriForum vandag tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion bekend gemaak het. ’n Ontleding…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.