Ian Cameron – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=VgYPy9N6BIA
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in…
Besoekers aan die Boeremark in Pretoria was Saterdagoggend aan die hart gegryp met die uitbeelding van ’n leë kosstalletjie ter bewusmaking van plaasmoorde in die land en die Treurgrond-film wat in Mei hierop gaan fokus. Bea Pretorius, bemarkingshoof van AfriForum, het gesê uit die reaksie van omstanders was dit duidelik dat plaasmoorde en gepaardgaande probleme…
Post Views: 644
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
AfriForum gaan klagtes teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega en die Tshwane-metropolisie indien, nadat verteenwoordigers van dié organisasie en slagoffers wie se geliefdes onlangs op plase vermoor is, vandag voor die minister se kantoor deur polisiebeamptes rondgestamp en met arrestasie gedreig is. Die insident het plaasgevind ná ’n…
Post Views: 1,600
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.