Massa-optog. Staan saam teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=e4E28Qn-kmI
AfriForum het op 7 Maart 2018 ’n versoek aan genl. Bheki Cele, die nuwe minister van polisie, gerig ten einde ’n ontmoeting te reël om plaasmoorde en onwettige grondbesetting te bespreek. Dít volg ná talle uitlatings vanuit politieke kringe sedert die begin van die jaar oor die onteiening van grond sonder vergoeding. “Politieke uitsprake wat…
AfriForum het opnuut ’n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig, en die burgerregte-organisasie te nader om buurtwagte te help vestig. Dít, na nóg twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria, wat die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan bring….
Twee plaasaanvalle waartydens drie moorde gepleeg is het vandag in Theunissen en Bainsvlei in die Vrystaat plaasgevind. Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag opnuut ’n beroep op die president gedoen om in te gryp om die plaasmoordkrisis in Suid-Afrika tot nasionale prioriteit te verhef. “Dit beteken dat daar nou al sewe plaasmoorde sedert die begin van…
AfriForum se veiligheidstrukture in Kathu en Kuruman in die Noord-Kaap en Vryburg in Noordwes is saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) steeds op die spoor van drie vermeende plaasaanvallers, nadat ʼn 64-jarige boer, Christo Kruger op sy plaas, Byron, doodgeskiet is. Kruger se vrou, Vera, is ongedeerd. Dit blyk of niks gesteel is nie. “Christo…
AfriForum se takke aan die Oos-Rand het op 25 November 2017 aan die burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou deelgeneem. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memorandums aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het om die fokus op plaasaanvalle en -moorde te…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.