Mediakonferensie rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde: Kallie Kriel
https://www.youtube.com/watch?v=e5-aKuFNYPs
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n kommerwekkende styging in plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2016 bekend gemaak met die aankondiging van dié amptelike syfers. Hierdie stygende tendens is nou reeds vir die sesde agtereenvolgende jaar te bespeur. Die 2016-syfer van 64 moorde is…
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan op 4 Mei 2016 met lt.genl. Phahlane Kgomotso, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, vergader om die wyse te bespreek waarop plaasmoorde geprioritiseer kan word en hoe AfriForum hiertoe kan bydra. Dít volg op lt.genl. Phahlane se opmerking in die media vroeër vanjaar dat plaasmoorde groter prioriteit moet geniet. Dié uitspraak was egter…
Post Views: 1,070
“Soms voel dit dat om ’n plaasmoord te oorleef is erger as om vermoor te word want jy moet elke dag daarmee saamleef.” So het Mariandra Heunis, ’n slagoffer van ’n wreedaardige plaasaanval, vandag tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer gesê. Heunis, ’n ma van…
COPE en AfriForum het vandag ’n gesamentlike memorandum aan die VSA-ambassade in Suid-Afrika oorhandig waarin die VSA amptelik versoek word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om die Grondwet, eiendomsreg en die 1994-skikking te beskerm. Dié memorandum is vandag oorhandig tydens ’n vergadering wat Mosiuoa Lekota, COPE-leier, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof…
24 Oktober 2012 In die lig van Mthethwa se voortslepende traak-my-nieagtige houding oor plaasmoorde, het AfriForum die minister se kantoor in kennis gestel dat die organisasie van voorneme is om saam met slagoffers van plaasmoorde voor die minister se kantoor te betoog. Gedurende ‘n telefoongesprek op 23 Oktober 2012 het die minister se woordvoerder, Zweli…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.