Nantes Kelder – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=shaWPjdtGCk
AfriForum het ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde van stapel gestuur en ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die President se ingryping geëis word. Tien praktiese stappe wat die regering behoort te doen om plaasmoorde doeltreffend te bekamp, word ook in dié brief uiteengesit. Om die veldtog af te skop, het AfriForum vandag…
AfriForum het ’n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gedoen om aan die publiek te verduidelik waarom hy dit nie nodig ag om by die plaasmoordkrisis in te gryp nie. Die volg nadat nog ’n boer gister op ’n plaas naby Sabie in Mpumalanga vermoor is. Paul Madison (63) en sy vrou Gwyneth…
AFRIFORUM het op 23 Januarie ‘n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekend gestel. Dit kom nadat daar sedert die begin van die jaar 24 voorvalle van plaasaanvalle aan die burgerregte-organisasie gerap- porteer is. In minstens drie gevalle is boere vermoor. Lees meer hier Post Views: 536
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde wat gedurende 2014 plaasgevind het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion bekendgemaak. ’n Totaal van 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU bevestig kon word. In dieselfde jaar kon 67 plaasmoorde bevestig word….
Personeellede van die burgerregte-organisasie AfriForum is onlangs deur die skrywer AnnMaree Barry genooi om as gassprekers in Calitzdorp op te tree tydens die bekendstelling van haar nuutste boek getiteld Afvlerkvoëls. Barry is ’n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie en die boek handel oor die hartseer van ’n plaasaanval en die trauma wat daarna ervaar word….
Verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion standpunt teen plaasmoorde ingeneem en ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om indringend in te gryp om dié krisis te prioritiseer. Die organisasies het hulle ook almal daaraan verbind om deel te neem aan die protesoptog teen plaasmoorde wat vir Saterdag,…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.