Die realiteite van plaasmoorde in Suid-Afrika
‘n Verslag aan die Verenigde Nasies se Forum vir Minderhede, 26 – 27 November 2013. Saamgestel deur Ernst Roets, adjunk hoof van AfriForum, as deel van AfriForum se ‘Hoe lank nog”-veldtog.
‘n Verslag aan die Verenigde Nasies se Forum vir Minderhede, 26 – 27 November 2013. Saamgestel deur Ernst Roets, adjunk hoof van AfriForum, as deel van AfriForum se ‘Hoe lank nog”-veldtog.
AfriForum het vandag ’n dringende afspraak met die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, versoek om moontlike oplossings vir die plaasmoordkrisis met hom te bespreek. Dit volg nadat daar in die afgelope twee weke ten minste sewe plaasaanvalle gepleeg is, wat een moord insluit. Dít, ondanks ’n onlangse bewering deur die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, dat…
AfriForum het ʼn reeks met tien praktiese voorstelle van maniere hoe plaasmoorde in die praktyk bekamp kan word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê. Dié aksieplan vorm deel van ’n verslag wat AfriForum aan die SAMRK voorgelê het by die kommissie se openbare verhoor oor plaasmoorde wat op 15 en 16 September in Johannesburg plaasvind….
Een uit elke 40 aggressiewe huisrooftogte loop op moord uit, maar in een uit elke twee plaasaanvalle word iemand vermoor. Dit is waarom plaasaanvalle en moorde as ‘n nasionale krisis bewhou behoort te word, het dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, gister voor die Menseregtekommissie in Johannesburg gesê. Lees die berig…
AfriForum het vandag ʼn beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om te begin organiseer en mobiliseer om reg te wees vir grondgrype. Hierdie beroep volg nadat AfriForum gedurende die afgelope 10 dae in kennis gestel is van 3 plase wat deur indringers beset is, 2 plaasaanvalle en die driedubbele moord op lede van die Schutte-familie…
AfriForum het opnuut ’n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig, en die burgerregte-organisasie te nader om buurtwagte te help vestig. Dít, na nóg twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria, wat die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan bring….
Mariandra Heunis, wie se man in 2016 vermoor is, het ’n video op haar Facebook-blad gepubliseer waarin sy ’n boodskap aan president Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA rig oor die krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die video is in reaksie op Ramaphosa se onlangse stelling in die VSA dat daar nie so…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.