AfriForum kondig “Stop die Moorde” veldtog aan
https://www.youtube.com/watch?v=iEF5GPrCzZI
AfriForum het ʼn waarskuwing aan die landelike gemeenskap van Belfast gerig nadat ʼn vermeende plaasmoordenaar, Petros Mamaru (24), ook bekend as Piet, die afgelope naweek uit die Belfast-polisie se aanhoudingselle ontsnap het. Piet het op Saterdag, 4 Oktober tussen 17:00 en 17:40 saam met twee ander misdadigers uit die selle ontsnap nadat hulle ʼn gat…
Gedurende 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dít is van die bevindinge wat die burgerregte-organisasie AfriForum vandag tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion bekend gemaak het. ’n Ontleding…
Die gemeenskap van Barkly-Oos in die Oos-Kaap het AfriForum genader om in te gryp nadat ’n bejaarde egpaar vanoggend wreed op hulle plaas in die distrik vermoor is. AfriForum het opnuut ’n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gedoen om plaasmoorde te laat prioritiseer, maar ook aangedui dat die organisasie self inisiatief sal…
AfriForum het in Centurion ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekendgestel. Dit volg ná die vlaag plaasaanvalle wat die land sedert die begin van die jaar geteister het. Sedert die begin van 2014 is 24 insidente op plase en kleinhoewes aan AfriForum gerapporteer, waartydens minstens drie boere vermoor is. Die aksieplan sluit ’n verskerpte bewusmakings- en…
Post Views: 1,444
AfriForum se takke in Pretoria, Centurion en die omliggende gebiede het op 25 November 2017 aan dié burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde deelgeneem. Die optog het vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou plaasgevind. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memoranda aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.