Kallie Kriel – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=uWPE9qI5lEs
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n eksemplaar van die boek Kill the Boer per hand by die kantoor van president Cyril Ramaphosa afgelewer, ten einde die kernargumente vir die prioritisering van plaasmoorde onder sy persoonlike aandag te bring. ’n Ope brief aan die president in videoformaat is ook vandag op YouTube gepubliseer, waarin Ernst Roets,…
AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa vandag daarvan beskuldig dat sy stilswye oor plaasmoorde aan aandadigheid grens. Dit volg nadat nog ʼn bejaarde egpaar (albei tussen 70 en 75 jaar) se lyke vanoggend op hul plaas in die Vrystaat ontdek is. Die liggaam van die man is op die vloer in die egpaar…
Duncan Nyawo gaan môre saam met AfriForum ’n memorandum, waarin onder meer die prioritisering van plaasmoorde versoek word, by die Uniegebou indien. Nyawo, ’n studente-onderwyser, het Maandag te voet uit sy tuisdorp, Nelspruit vertrek en het drie dae aaneen gestap om hierdie memorandum aan president Jacob Zuma te oorhandig. Nyawo wil in besonder bewusmaking skep…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Die Menseregtekommissie (MRK) wil binnekort ‘n openbare verhoor hou oor veiligheid en die skending van menseregte op plase. Dit sal plaasmoorde en diensvoorwaardes vir werkers op plase insluit. Isaac Mangena, MRK-woordvoerder, het gister gesê die kommissie het nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel. Lees meer hier Post Views: 843
Fliekgangers het Donderdagaand wisselende emosies van hartseer, skok, verslaentheid en ’n dieper besef oor die realiteit van plaasmoorde verwoord nadat hulle die première van die Treurgrond-film in Menlyn in Pretoria bygewoon het. Sowat ’n duisend fliekgangers, die akteurs wat die rolle vertolk, die vervaardigingspan en talle bekendes uit die vermaaklikheidsbedryf het die eerste vertoning bygewoon….
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.