Attempted farm attack caught on security cameras
https://www.youtube.com/watch?v=Gm1UuJ33Kw0
AfriForum het vandag die sewende sitting van die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, bygewoon, om insette rakende die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika te lewer. Dit is die vyfde keer wat AfriForum die jaarlikse sitting van hierdie forum bywoon. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum…
AfriForum het vandag ʼn beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om te begin organiseer en mobiliseer om reg te wees vir grondgrype. Hierdie beroep volg nadat AfriForum gedurende die afgelope 10 dae in kennis gestel is van 3 plase wat deur indringers beset is, 2 plaasaanvalle en die driedubbele moord op lede van die Schutte-familie…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ʼn verslag uitgereik waarin die verband tussen politiek, haatspraak en ʼn styging in plaasmoorde uiteengesit word. In die verslag word vyf prominente gevalle behandel waarin haat en geweld deur politieke leiers teen wit boere aangehits is. Daar is bevind dat plaasmoorde in die maande wat direk op hierdie insidente van…
Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko se vermelding gister in die parlement dat plaasmoorde prioriteit moet geniet. Minister Nhleko het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die Vryheidsfront Plus gesê plaasaanvalle en –moorde moet deur die regering geprioritiseer word. Op 26 Junie 2014 het AfriForum ʼn petisielys met 60 000…
AfriForum dryf al vir ’n tyd lank ’n veldtog dat die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) jaarliks statistieke oor plaasaanvalle moet vrystel. Dit is nie so moeilik is om syfers oor plaasaanvalle vry te stel soos wat die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voorgee nie. Uiteraard bestaan daar verskeie…
Die moordenaars van die egpaar Ernest (77) en Annetjie (76) van Rooyen is verlede week tot dubbele lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Oupa Mokoena (47) en Ezekiele Mguni (30) het dié egpaar in Januarie vanjaar op die plaas Somerset, naby Parys in die Vrystaat vermoor. Ernest se liggaam is op hul plaaswinkel se vloer gevind – hy…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.