AfriForum lê polisie-nalatigheid insake plaasaanvalle by blitskonferensie bloot
https://www.youtube.com/watch?v=HDkIXzrR_vo
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ʼn verslag uitgereik waarin die verband tussen politiek, haatspraak en ʼn styging in plaasmoorde uiteengesit word. In die verslag word vyf prominente gevalle behandel waarin haat en geweld deur politieke leiers teen wit boere aangehits is. Daar is bevind dat plaasmoorde in die maande wat direk op hierdie insidente van…
AfriForum het vandag gesê dat die afgelope week se gebeure opnuut bevestig het dat plaasmoorde nie deur die normale regsprosesse bekamp moet word nie en dat slegs ʼn gefokusde teenstrategie die krisis volhoubaar sal oplos. Hennie Bentley (73) en Gerrit Myburgh (78) is die afgelope week vermoor, dieselfde week waarin die moordenaars van ʼn bejaarde…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof. Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van…
AFRIFORUM het op 23 Januarie ‘n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekend gestel. Dit kom nadat daar sedert die begin van die jaar 24 voorvalle van plaasaanvalle aan die burgerregte-organisasie gerap- porteer is. In minstens drie gevalle is boere vermoor. Lees meer hier Post Views: 510
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.