AfriForum gee sy regspan opdrag om polisie-inligting oor plaasmoorde te eis
https://www.youtube.com/watch?v=QqPDpP02Ees
AfriForum het vandag gesê dat die afgelope week se gebeure opnuut bevestig het dat plaasmoorde nie deur die normale regsprosesse bekamp moet word nie en dat slegs ʼn gefokusde teenstrategie die krisis volhoubaar sal oplos. Hennie Bentley (73) en Gerrit Myburgh (78) is die afgelope week vermoor, dieselfde week waarin die moordenaars van ʼn bejaarde…
Die burgerregte-organisasie AfriForum is ʼn geleentheid gegun om die wêreld oor die wreedaardige misdade wat teen boere in Suid-Afrika gepleeg word, in te lig. Die uitnodiging om ʼn voorlegging te lewer by die 15de Internasionale Simposium van die Wêreldgenootskap van Slagofferkunde sal ʼn platform skep om akademici en leiers op die gebied van slagofferkunde en…
Gedurende 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dít is van die bevindinge wat die burgerregte-organisasie AfriForum vandag tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion bekend gemaak het. ’n Ontleding…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n maand gelede vir die soveelste keer ’n skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar. “Cele het tot vandag toe nog nie eers ontvangs erken van…
AfriForum dryf reeds sedert 2012 ’n veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer. Hoewel die organisasie van mening is dat die probleem nog nie ten volle opgelos is nie, beskou dit die aankondiging as ’n reusesprong in die regte rigting. Hieronder volg die belangrikste mylpale in die veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer: 2012 25 Mei…
AfriForum het vandag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners wat deur plaasaanvalle geraak is om betrokke te raak by die stryd om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Vir hierdie doel is slagoffers aangemoedig om hul stories na stopdiemoorde@afriforum.co.za te stuur, sodat hul by ʼn verskerpte veldtog…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.