Massa-optog. Staan saam teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=e4E28Qn-kmI
Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag die eerste weergawe van dié organisasie se plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in landelike gebiede om hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landwyd sedert die begin van 2018. “Hierdie praktiese assessering bied ’n instrument aan die landelike gemeenskap om te meet hoe…
COPE en AfriForum het vandag ’n gesamentlike memorandum aan die VSA-ambassade in Suid-Afrika oorhandig waarin die VSA amptelik versoek word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om die Grondwet, eiendomsreg en die 1994-skikking te beskerm. Dié memorandum is vandag oorhandig tydens ’n vergadering wat Mosiuoa Lekota, COPE-leier, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof…
Mnr. Senzeni Zokwana, die minister van landbou, bosbou en visserye, en ’n afvaardiging van AfriForum het vanoggend in Pretoria vergader om plaasmoorde sowel as ander landelike geweld en gemeenskapsverhoudinge in landelike gebiede te bespreek. Tydens die vergadering het die minister en AfriForum ooreengekom dat die minister via sy departement ’n inisiatief sal fasiliteer om rolspelers…
AfriForum het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ’n formele versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, gerig om plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015 aan die organisasie te oorhandig. Verder versoek die organisasie dat die polisie se metodiek rondom die insameling van statistiek oor plaasmoorde bekend gemaak word. Dit volg nadat…
Buitelanders word ook op Suid-Afrikaanse plase geteiken. Juis daarom gaan AfriForum ʼn internasionale bewusmakingsveldtog oor plaasmoorde van stapel stuur. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gee besonderhede. Post Views: 690
STOP PLAASMOORDE ek stem saam kry die buitelande ANC en Malema is die mense hulle wil nie luister nie jammer om te hoor van plaasboer n mens het nie woorde nie gaan gaan haal buite landers Dan gaan hulle hoor en voel Post Views: 1,506
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.