AfriForum skop stof op ter bewusmaking van plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=pPtyUluz7Nc
AfriForum en slagoffers versoek Menseregtekommissie-verhoor oor plaasmoorde AfriForum het op 30 Mei 2013 saam met Elize Perrin, wie se broer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in…
Die plaasmoord- en plaasaanvalstatistiek vir die 2016/2017-finansiële jaar is vandag deur die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) in Pretoria bekend gestel. Die totale aantal geverifieerde plaasaanvalle vir die 2016/2017-tydperk is 357 en die aantal plaasmoorde ’n kommerwekkende 74. AfriForum het ook vandag met ’n konvooi na die Uniegebou gery waar ’n petisie met 175 000 name teen…
Record East: Derduisende bekommerde Suid-Afrikaners het onlangs saam met AfriForum hul stemme teen plaasmoorde laat hoor toe hulle verenig het in die hoop dat die regering met ‘n werkbare oplossing vorendag sal kom. Lees meer hier Post Views: 563
’n Paar politieke “kommintators” se skreeuende reaksie op AfriForum se Amerikaanse besoek laat mens byna sprakeloos. Die rektor van Wits, prof. Adam Habib, kry hierdie week se prys met sy vergelyking van Kallie Kriel en Ernst Roets met Adolf Hitler en Idi Amin. Habib herinner my aan Henry Kissinger se stelling dat universiteitsvetes so venynig…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.