AfriForum en TLU SA maak 2016-plaasmoordsyfers bekend
https://www.youtube.com/watch?v=BbRc9Kw-9tc
AfriForum het November 2015 as ’n nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar. Gedurende November sal verskeie aksies van stapel gestuur word wat daarop toegespits is om internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer. AfriForum versoek die publiek om hul ondersteuning aan hierdie veldtog te verklaar deur die webblad www.stopdiemoorde.co.za…
Twee plaasaanvalle waartydens drie moorde gepleeg is het vandag in Theunissen en Bainsvlei in die Vrystaat plaasgevind. Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag opnuut ’n beroep op die president gedoen om in te gryp om die plaasmoordkrisis in Suid-Afrika tot nasionale prioriteit te verhef. “Dit beteken dat daar nou al sewe plaasmoorde sedert die begin van…
Post Views: 711
Twee boere is die afgelope week in plaasaanvalle vermoor wat die kwessie van behoorlike veiligheid opnuut in die kollig plaas. Christo Kruger (63) van die plaas Byron in die Kuruman-omgewing is verlede week op sy plaas doodgeskiet in wat vermoedelik ’n wraakaanval deur ’n voormalige werknemer was. Hy is in die bors geskiet nadat hy…
Verlede Donderdag het sowat ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, hulle stories in briewe aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig. Die briewebundel is deur Belinda van Noord, wie se pa en broer die afgelope vakansie op hul plaas naby Brits vermoor is, oorhandig. Ernst Roets gee terugvoer oor hierdie…
Die Pietermaritzburgse hooggeregshof het vir Siboniso Mtolo lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die moord van ’n boer in Eston, KwaZulu-Natal in September 2013. Tydens vonnisoplegging het Regter Isaac Madondo gesê: “Almal, veral plaasgemeenskappe, moet beskerm word teen mense soos Mtolo”. Die Regter het gesê dat die Hof hoop dat hierdie vonnis dien as afskrikmiddel vir misdadigers…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.