Mediakonferensie rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde: Ian Cameron
https://www.youtube.com/watch?v=pXy79zHqXrg
Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond is bekendgestel. Esmarie Prinsloo gesels met Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers oor hierdie boek. Post Views: 953
Verlede Donderdag het sowat ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, hulle stories in briewe aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig. Die briewebundel is deur Belinda van Noord, wie se pa en broer die afgelope vakansie op hul plaas naby Brits vermoor is, oorhandig. Ernst Roets gee terugvoer oor hierdie…
Fliekgangers het Donderdagaand wisselende emosies van hartseer, skok, verslaentheid en ’n dieper besef oor die realiteit van plaasmoorde verwoord nadat hulle die première van die Treurgrond-film in Menlyn in Pretoria bygewoon het. Sowat ’n duisend fliekgangers, die akteurs wat die rolle vertolk, die vervaardigingspan en talle bekendes uit die vermaaklikheidsbedryf het die eerste vertoning bygewoon….
AfriForum gaan môre, saam met ʼn slagoffer wie se man onlangs in ʼn plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) indien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se traak-my-nieagtige houding oor hierdie misdaadverskynsel. AfriForum gaan spesifiek…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n maand gelede vir die soveelste keer ’n skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar. “Cele het tot vandag toe nog nie eers ontvangs erken van…
AfriForum het vandag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer. Die organisasie is ook tans besig met die opstel van ’n dokument, genaamd “Die Mthethwa-dossier”. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens slagoffers wat…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.