AfriForum fokus sterker op plaasmoorde, grondeise
https://www.youtube.com/watch?v=U_7cR3gMHgA
AfriForum het vandag die dringende ingryping van Fikile Mbalula, polisieminister, geëis nadat vier plaasmoorde in die afgelope 48 uur gepleeg is. Piet en Tilla van Zyl is Sondag naby Immerpan in Limpopo vermoor; Arno Niehaus is Sondag naby Maanhaarrand in Noordwes vermoor; en Anton Smuts is Sondag naby Kinross in Mpumalanga vermoor en aan die…
Post Views: 639
Die AfriForum-tak in Heidelberg het verlede week ’n skietdag gehou en ook selfverdedigingsopleiding aangebied. Daar was ongeveer 21 deelnemers wat in verskeie veiligheidstegnieke touwys gemaak is. Shalto Schoeman, die tak se veiligheidsvoorsitter, het onlangs as ’n Krav Maga-instrukteur gekwalifiseer en het die opleiding aangebied. “Gemeenskappe en veral boere se veiligheid en paraatheid behoort opgeskerp te…
Post Views: 1,221
Die Menseregtekommissie (MRK) wil binnekort ‘n openbare verhoor hou oor veiligheid en die skending van menseregte op plase. Dit sal plaasmoorde en diensvoorwaardes vir werkers op plase insluit. Isaac Mangena, MRK-woordvoerder, het gister gesê die kommissie het nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel. Lees meer hier Post Views: 940
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.