Skep Moed
https://www.youtube.com/watch?v=hsH4uu-27qM
Verlede Donderdag het sowat ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, hulle stories in briewe aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig. Die briewebundel is deur Belinda van Noord, wie se pa en broer die afgelope vakansie op hul plaas naby Brits vermoor is, oorhandig. Ernst Roets gee terugvoer oor hierdie…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen twee polisiebeamptes en ’n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ingedien wat hulle tot sosiale media gewend het om plaasaanvalle aan te hits en/of geweld teen boere en minderhede te verromantiseer. AfriForum sê dat hierdie voorvalle as ’n vorm van aandadigheid deur die Suid-Afrikaanse regering…
“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof. Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van…
AfriForum vergader môre met die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana om moontlike oplossings vir die plaasmoordkrisis te bespreek. Die vergadering is geskeduleer vir 8:00 en sal by die minister se kantoor in Pretoria plaasvind. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die organisasie in ’n tweeledige oplossing vir die…
“Soms voel dit dat om ’n plaasmoord te oorleef is erger as om vermoor te word want jy moet elke dag daarmee saamleef.” So het Mariandra Heunis, ’n slagoffer van ’n wreedaardige plaasaanval, vandag tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer gesê. Heunis, ’n ma van…
Die rug toegekeer “Luister na my wanneer ek hierdie bundel aan jou oorhandig. Ek gee dit nie vir jou omdat ek wit is nie. Ek gee dit vir jou omdat ek ‘n Suid-Afrikaner is en omdat julle ‘n verantwoordelikheid het om alle Suid-Afrikaners te beskerm – dit sluit die boere in.” Dit was die woorde…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.