Ondersteun AfriForum plaasaanval slagoffers se geliefdes? – #vrajouvrae
https://www.youtube.com/watch?v=1bIQsvV1_yQ
AfriForum stuur eersdaags ’n versoek aan die nuwe polisieminister Bheki Cele om die organisasie se praktiese stappe aan hom voor te lê om plaasaanvalle en -moorde te bekamp. “Daar het vanjaar reeds meer as 90 plaasaanvalle in die land plaasgevind, met sowat 10 moorde op plase. Dit is reeds meer as dieselfde tyd verlede jaar….
Tydens ʼn gesamentlike mediakonferensie vandag tussen AfriForum en die waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, is aangekondig dat plaasmoorde amptelik geprioritiseer sal word. Dié konferensie volg op ʼn gesamentlike werkswinkel tussen AfriForum en Phahlane. Verskeie stappe sal gedoen word wat op ʼn gefokusde teenstrategie teen plaasmoorde neerkom. Die plan behels in besonder dat daar groter…
Die burgerregte waghond, AfriForum het ‘n verslag by die internasionale re- habilitasieraad vir slagoffers van marteling in Denemarke ingedien in sy voortgesette stryd teen plaasmoorde in Suid-Afrika. Lees meer hier Post Views: 736
AfriForum het aan die begin van Oktober aan die Quads4Quads-wedloop deelgeneem ter bewusmaking van plaasmoorde. Só het die wedloop daar uitgesien: Dag 1: AfriForum se vier motorfietsryers het met groot verwagtinge by Cane Cutters Lodge net buite Ballito weggespring en het op dag een reeds ’n totaal van 250 km afgelê om stof op te…
Post Views: 900
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.