Adam Tas Plaasmoord Optog
https://www.youtube.com/watch?v=LTtuPr-sChk
Sedert die begin van Februarie 2017 is daar reeds 30 plaasaanvalle in Suid-Afrika aangeteken waarin 11 mense wreed vermoor is. Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. “Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom…
Bernadette Hall se man David is 20 Februarie 2012 op hulle melkplaas, Frischgewaagd in Fochville, Noordwes voor haar oë doodgeskiet. Sy, haar seuns, Bradly en Wesley, en André van den Berg het gister op ʼn 1000km-reis met kwadfietse vanaf Johannesburg na Ballito in KZN vertrek om bewusmaking oor plaasmoorde te skep. Hulle staan bekend as…
AfriForum stuur eersdaags ’n versoek aan die nuwe polisieminister Bheki Cele om die organisasie se praktiese stappe aan hom voor te lê om plaasaanvalle en -moorde te bekamp. “Daar het vanjaar reeds meer as 90 plaasaanvalle in die land plaasgevind, met sowat 10 moorde op plase. Dit is reeds meer as dieselfde tyd verlede jaar….
AfriForum het ’n dringende versoek aan die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, gerig om te vergader oor die golf van plaasaanvalle en –moorde wat die land die afgelope paar maande teister. Dít volg nadat Nico en Marsha Lens gisteraand op hulle plaas in Paulpietersburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet is. Dié moorde bring die aantal plaasmoorde sedert…
AfriForum hou aanstaande week ʼn blitskonferensie oor plaasmoorde. Tydens die konferensie sal ʼn verslag bekendgestel word, wat gevallestudies bevat van growwe nalatigheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) met betrekking tot die ondersoek van plaasmoorde. Van die slagoffers wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het, sal vertel hoe geregtigheid in hulle omstandighede as gevolg van nalatigheid tydens…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.