AfriForum en TLU SA maak 2016-plaasmoordsyfers bekend
https://www.youtube.com/watch?v=BbRc9Kw-9tc
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die nuutste plaasaanvalstatistiek vir 2019 bekend gemaak. ’n Plaasaanvalslagoffer het ook die grusame gebeure van die aanval waartydens sy geskiet en verkrag is met die media gedeel. Altesaam 184 plaasaanvalle het reeds vanjaar plaasgevind waarvan 20 plaasmoorde was. Gauteng (51 aanvalle), Noordwes (28 aanvalle) en Limpopo (27…
AfriForum is besig met ’n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit verskeie invalshoeke in om die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ’n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te fokus, juis omdat daar soveel veranderlikes…
Record East: Derduisende bekommerde Suid-Afrikaners het onlangs saam met AfriForum hul stemme teen plaasmoorde laat hoor toe hulle verenig het in die hoop dat die regering met ‘n werkbare oplossing vorendag sal kom. Lees meer hier Post Views: 835
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…
Twee jaar nadat Mariandra Heunis se man, Johan, koelbloedig voor haar en haar dogtertjie doodgeskiet is, veg sy voort om die boodskap oor die wreedheid van plaasmoorde na die wêreld uit te dra. Heunis het vandeesweek ’n video vrygestel waarin sy vir pres. Cyril Ramaphosa vra hoe hy sou gevoel het om die bloed van…
AfriForum het op 7 Maart 2018 ’n versoek aan genl. Bheki Cele, die nuwe minister van polisie, gerig ten einde ’n ontmoeting te reël om plaasmoorde en onwettige grondbesetting te bespreek. Dít volg ná talle uitlatings vanuit politieke kringe sedert die begin van die jaar oor die onteiening van grond sonder vergoeding. “Politieke uitsprake wat…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.