AfriForum gee sy regspan opdrag om polisie-inligting oor plaasmoorde te eis
https://www.youtube.com/watch?v=QqPDpP02Ees
AfriForum en slagoffers versoek Menseregtekommissie-verhoor oor plaasmoorde AfriForum het op 30 Mei 2013 saam met Elize Perrin, wie se broer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi…
AfriForum het vandag ʼn beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om te begin organiseer en mobiliseer om reg te wees vir grondgrype. Hierdie beroep volg nadat AfriForum gedurende die afgelope 10 dae in kennis gestel is van 3 plase wat deur indringers beset is, 2 plaasaanvalle en die driedubbele moord op lede van die Schutte-familie…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken. “Parlementslede is veral geskok oor die feit dat pres. Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in…
AfriForum het opnuut ’n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig, en die burgerregte-organisasie te nader om buurtwagte te help vestig. Dít, na nóg twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria, wat die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan bring….
Die Menseregtekommissie (MRK) wil binnekort ‘n openbare sitting hou oor veiligheid en die skending van menseregte op plase. Dit sal plaasmoorde en diensvoorwaardes vir plaaswerkers insluit. Isaac Mangena, MRK- woordvoerder, het gister gese die kommissie het nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel. Lees meer hier Post Views: 1,085
AfriForum het ʼn suksesvolle internasionale staptog saam met die gemeenskap, vriende en familie van die vermoorde Christine Robinson in Thabazimbi in Limpopo gehou. Die staptog is gelyktydig in Thabazimbi, Londen (Engeland), Liverpool (Engeland) asook in Vancouver in Kanada gehou ter nagedagtenis aan mev. Robinson en ook om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.