AfriForum: Gesprek oor plaasmoorde met Steve Hofmeyr en Rian van der Walt.
https://www.youtube.com/watch?v=0_0BZFeKYGQ
AfriForum het vandag ʼn memorandum aan 15 ambassades oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering moet uitoefen om die regte van minderhede te beskerm asook om die plaasmoordkrisis die hoof te bied. Die memorandum lê spesifiek klem op die optrede van verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse regering verlede week by…
Post Views: 898
AfriForum gaan eerskomende Woensdag ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel stuur, wat in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switzerland ingedien sal word. Verskeie slagoffers, wat geliefdes in die afgelope paar jaar weens plaasmoorde aan die dood afgestaan het, gaan die bekendstellingsfunksie bywoon. Hul name sal bo-aan die…
Post Views: 649
Sedert die begin van Februarie 2017 is daar reeds 30 plaasaanvalle in Suid-Afrika aangeteken waarin 11 mense wreed vermoor is. Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. “Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom…
Post Views: 678
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.