AfriForum skop stof op ter bewusmaking van plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=pPtyUluz7Nc
AfriForum het Donderdag, 30 Mei saam met Elize Perrin, wie se broer, Mauritz Oberholzer verlede September op sy plaas vermoor is, ʼn klagtebundel van 10 klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien. Waarvoor vra AfriForum en wat is die Kommissie se terugvoer? Esmarie Prinsloo gesels met Ernst Roets… Kom luister gou saam Afrikwensie vir besonderhede… Post…
AfriForum het vandag ʼn beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om te begin organiseer en mobiliseer om reg te wees vir grondgrype. Hierdie beroep volg nadat AfriForum gedurende die afgelope 10 dae in kennis gestel is van 3 plase wat deur indringers beset is, 2 plaasaanvalle en die driedubbele moord op lede van die Schutte-familie…
Post Views: 827
AfriForum sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks die kritiek wat Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het. AfriForum het Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai, verwerp. Volgens Alana Bailey, adjunk…
AfriForum en slagoffers versoek Menseregtekommissie-verhoor oor plaasmoorde AfriForum het op 30 Mei 2013 saam met Elize Perrin, wie se broer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi…
Die burgerregte-organisasie AfriForum is ʼn geleentheid gegun om die wêreld oor die wreedaardige misdade wat teen boere in Suid-Afrika gepleeg word, in te lig. Die uitnodiging om ʼn voorlegging te lewer by die 15de Internasionale Simposium van die Wêreldgenootskap van Slagofferkunde sal ʼn platform skep om akademici en leiers op die gebied van slagofferkunde en…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.